(Ingesluit: Opvoedkunde sub-ekspo)
Kom maak ‘n draai by Netshield se stalletjie (Krag Wes 418) om te kom leer van bekostigbare Hernubare Energie oplossings en om van ons produkte te kom besigtig. Ons het ‘n interessante krag moniteerings toestel, langlewende UPSs, strukture wat outomaties die son volg om son-oes van sonpanele te maksimiseer EN VELE MEER! Ons deskundiges sal help met enige vrae en ons CEO Inus Dreckmeyr praat Saterdag oggend 8:30 in die Seminaar saal oor die slaggate om voor uittekyk as Hernubare Energie stelsels oorweeg word.
Daar is ook hope pret aktiwiteite vir die kinders en kosstalletjies vir die wat honger is. Registreer op die kragdag webwerf http://kragdag.com/ om die ingangs fooi van R60 vir grootmense vrytespring (Kinders onder 18 kom verniet in). Alle ander inligting, aanwysings en so meer kan ook bekom word van die kragdag webwerf.